Pablo Software Solutions
Copyright © . All rights reserved.
This website was powered by Ewisoft Website Builder.
Baälpriesters en Valse priesters in die Christendom :Website Builder
Inhoud :Insetsel deur Woordverwerker :Hoofstuk 1 :Hoofstuk 2 :Hoofstuk 3 :Hoofstuk 4 :Hoofstuk 5 :Hoofstuk 6 :Hoofstuk 7 :Hoofstuk 8 :Hoofstuk 9 :Hoofstuk 10 :Hoofstuk 11 :Hoofstuk 12 :Hoofstuk 13 :Hoofstuk 14 :Hoofstuk 15 :Hoofstuk 16 :Hoofstuk 17 :Hoofstuk 18 :Hoofstuk 19 :Hoofstuk 20 :Hoofstuk 21 :Hoofstuk 22 :Hoofstuk 23 :Hoofstuk 24 :Hoofstuk 25 :Hoofstuk 26 :Boeke
1> Die Koninkryk van die hemele :2> Die Koninkryk van die hemele sal op aarde wees :3> Koning YaHshua word ook genoem David :4> Koninkryk van hemele net vir Israel alleen :5> Vreemdes en uitlanders mag nie heers oor Israeliete :6> Die uitgeputte aarde sal weer vrugbaar :7> Koninkryk soos volksraad stelsel
Hoofstuk 26 Die Koninkryk van die hemele

DIE KONINKRYK VAN DIE HEMELE

Yahshua sê vir ons dat Hy die skape - dit is die volk Israel volgens Eségiël 34:31 en nog meer plekke - aan sy regterkant sal sit en vir hulle sê: "Kom julle geseëndes van my Vader, beërf die koninkryk wat vir julle berei is van die grondlegging van die wêreld af" Matthéüs 25:34. Dan sê Hy verder dat die grondlegging van die wêreld vasgestel is by Adam en Eva Lukas 11:51-52. Hy sê vir sy volk dat dit net aan hulle alleen "gegee is om die verborgenhede van die koninkryk te verstaan". Matthéüs 13:11. Hy sê dat die skrifgeleerdes nie in die koninkryk sal kom nie, maar "hulle sluit ook die koninkryk vir die mense" Matthéüs 23:13. Dieselfde sê Hy ook aan ons deur sy profeet Eségiël: "Hulle (die profete) sal in die vergadering van my volk nie wees nie en in die boek van die huis van Israel nie opgeskryf word nie en in die land van Israel nie kom nie; en julle sal weet dat Ek Yahweh is. Omdat, ja, omdat hulle my volk verlei het deur te sê: Vrede! terwyl daar geen vrede is nie; en as die volk 'n muur bou, kyk, dan bepleister hulle dit met los kalk". Eségiël 13:9-10.

Die leser moet maar self vasstel wie hierdie valse profete is: Dit is baie eenvoudig. Luister maar net wie almal preek en bid gedurig vir vrede? Wie sê die volk Israel is nou 'n geestelike ... wat ...? en nie meer 'n fisiese volk nie; en dan is dit mos onmoontlik vir hulle om in so 'n land te kom en in so 'n vergadering wat nie bestaan nie. Dit is mos hulleself wat die vergadering van die Here naamlik Israel as volk tot niet verklaar het. 'n Volk bou 'n muur vir hulle beskerming so ook maak hulle wette vir beskerming. En dit geld ook vir wette ter beskerming teen ondertrouery en die gevare daarvan om as suiwer volk te verdwyn en verander te word in 'n ander geslag - van basters; dit is volksmoord! Dit is maklik vir die leser om te weet wie hulle is wat dié muur van beskerming beveg en bespot ten gunste van vermenging en gelykstelling en die kerke se deure daarvoor oopgooi?

Hy sê vir die Israeliete: "En hulle sal nie sê: Kyk hier! of Kyk daar! nie; want die koninkryk van God is binne in julle." Lukas 17:21. Die koninkryk is mos as't ware in die geslag van Isak ingebou omdat hulle spesiaal vir dié doel geformeer is en hulle vader Abraham daarvoor uitverkies is. Hy sê ook vir hulle deur sy profeet Daniël: - "Dan word die koningskap en die heerskappy en die grootheid van die koninkryk onder die ganse hemel gegee aan die volk van die heiliges(Israeliete) van die Allerhoogste". Daniël 7:18 en 27 asook 2:44. "En Yahweh sal Koning wees oor die hele aarde; in dié dag sal Yahweh een wees, en sy Naam een". Sagaria 14:9.

Een van die beloftes van die verbond met Abraham wat Hy met 'n eed gewaarborg het, was: "En in jou nageslag sal al die nasies van die aarde geseën word," Génesis 22:18. Daar moet dus iets besonders wees wat Hy aan Isak en sy geslag gedoen het wat tot hierdie resultaat kan lei, en wat hy aan geen ander nasie gedoen het nie. Dit kan ook net te doen hê met die doel waarvoor Hy Isak geformeer het; en die geslag uit hom. As ons dink aan die asem van die lewe of wysheid, waarna as heerlikheid verwys word, dan kan mens met redelike sekerheid aanvaar - as baie feite in oënskou geneem word - dat die geslag van Isak 'n spesiale verstandelike gawe ontvang het of in die vooruitsig gestel is, om hulle bekwaam te maak vir die spesiale doel naamlik om saam met hom heerskappy oor die nasies van die wêreld te help voer.

Maar onder die Westerse nasies is daar nie nou nasies waar te neem met sulke uitstaande intellek nie, dit moet dan seker nog kom; maar wanneer en hoe? Natuurlik wanneer die magte van die wêreld wat tans oor die wêreld heerskappy voer eers by Armageddon verslaan is en die hemelkoninkryk begin: Wat anders? Nou lees ons in die Bybel dat dit juis in daardie tyd is dat die koning van die hemele sal neerdaal om te heers oor die wêreld en al die nasies. En dit is juis van dieselfde tyd af dat 'n gedeelte van Sy volk, naamlik die wat geroepe en uitverkore en getrou saam met Hom oorlog gevoer en volhard het tot die einde toe en gered is, ook saam met Hom sal heers. Matthéüs 10:22 en 24:13, Openbaring 17:14, ensovoorts. "Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word, maar elkeen in sy eie orde: as eersteling Christus, daarna die wat aan Christus behoort by sy koms. Daarna kom die einde, wanneer hy die koninkryk aan Yahweh die Vader oorgee, as Hy alle heerskappy en alle gesag en mag vernietig het." 1 Korinthiërs 15:21-24. Lees ook verder tot vers 28. (Lees die Woord hier asof die Vader en die Seun Een is?) Hierdie vernietiging van heerskappye sal deur 'n oorlog geskied deur die wêreldnasies teen sy volk wat Hyself sal kom oorwin volgens Jesaja 63. Sy volk sal vir Hom oorlog voer, maar nie oorwin nie.

Dit is juis ook in daardie tyd dat Hy aan sy volk 'n verheerlikte liggaam sal gee. 1 Korinthiërs 15:51-52, Filémon 3:21-22, 1 Johannes 3:2. Dit is reeds vroeër in hierdie boek uiteengesit dat die heerlikheid wat aan Adam en sy hele geslag gegee is, die gawe van die Heilige Gees is, ongetwyfeld wysheid en skeppingsvermoë na God se beeld - want Hy is die Skepper.

Dit was 'n baie hoër verstand as wat Hy aan die voor Adamitiese "mense" of "Chaiyah" gegee het. Die doel was om heerskappy te voer oor die "werke van sy hande". Génesis 1:26 en Psalms 8:5-7. Hy het aan die Adamiete dus 'n verheerlikte liggaam gegee. Ons het ook bewys dat dié heerlikheid slegs tot gemiddeld 10% beperk is, sodat die mens instaat is om slegs 10% van hulle verstand te gebruik.

Hy gee sy Gees aan wie Hy wil en het dit na sy keuse en sy reg slegs aan Adam en sy geslag gegee en nie aan die ander geslagte voor hom nie. Uit Adam se geslag is Abraham uitverkies. Ons het ook bewys dat as die Adamiete agter die vreemde vlees aanloop (van die wat voor Adam was) dan verag hulle die heerskappy, (Judas 1:7-8) dit wil sê, hulle kinders en geslagte behou nie die wysheid of heerlikheid om doeltreffend te heers of sake te bestuur nie en so 'n geslag en nasie verval dan in armoede en ellende. Solank as hulle dus suiwer blank bly, behou hulle dié heerlikheid en gevolglik is hulle dan die heerlike wesens. Omdat dit dan 'n verstandelike vermoë is; en omdat die verstand 'n funksie van die brein is; en omdat die brein fisies aan die liggaam is, kan dié breinvermoë beoefen en verbeter word. So 'n verheerlikte liggaam is dus vanselfsprekend noodsaaklik vir die geslag wat saam met hom die Koninkryk moet help waarneem.

Uit die breë samevatting van die Bybel lyk dit dat dit net die getroue deel van sy volk is wat saam heerskappy sal voer en wat blykbaar die verheerlikte liggaam gaan kry. Heel moontlik sal hulle dan in staat wees om die hele 100% van hulle verstand te kan gebruik om "gelykvormig aan Hom te wees." Filémon 3:21; ten opsigte van die hoë eise van die koninkryk. Aangesien die wet dan op hulle harte geskrywe sal word, sal hulle dan nie meer oortree nie, maar slegs in goeie en opbouende en voorbeeldige dinge ten opsigte van die koninkryk van Yahweh belangstel en die produk van die heerskappy wat daaruit sal voortvloei, sal nou nog vir ons wat aan die duiwelse stelsel van heerskappy oor die afgelope 1500 jaar gewoond is, plus die eeue van onderdrukking onder die Romeinse Ryk, ongelooflik en onverstaanbaar wees. Dit is vir dié doel wat Isak geformeer is en waarvoor sy geslag uitverkies is en van tyd tot tyd gesuiwer en die bestes en getroustes herverkies is.

So kan die koninkryk dus binne in hulle wees of as't ware in hulle ingebou wees, maar nog sluimerend wees omdat hulle slegs in staat is om 10% van dié gawe te benut. Dit is waarom die wette vir Israel so streng is om hulle geïsoleerd en suiwer te hou. Wanneer hulle instaat is om die hele verstand te gebruik met Yahshua Self op die troon, sal al die nasies in die voorspoed wat daaruit sal voortvloei, deel; en almal geseënd wees as gevolg van die geslag van Abraham, iets wat nog moet kom. As Israeliete hierdie dinge besef dan kan hulle ook besef wat dit beteken om te sê: "Ons weet dat ons uit God is, en dat die hele wêreld in die mag van die Bose lê". 1 Johannes 5:19. En ook: "die Here van die leërskare sal regeer op die berg Sion (Israel) en in Jerusalem en voor sy oudstes sal daar heerlikheid wees." Jesaja 24:23. Dit is baie seker dat Yahshua op dié wêreld sal kom regeer en dat 'n spesiaal uitgesoekte getroue deel van sy volk saam met Hom sal regeer. Om dit beter te verstaan kan dit vergelyk word met ons bekende volksraadstelsel. Dan kan ons ook beter verstaan wat beteken "die vergadering van die Here": Hy op die troon met sy uitverkorenes saam met Hom: Dit maak nie saak waar elkeen is nie solank as wat elkeen net getrou aan Hom is soos die ou Kaapse Kolonialiste, dan hou hulle die verbond. Met ander woorde die Bybelmense.

Daar is letterlik op honderde plekke getuienis in die Bybel dat die koninkryk net vir die volk van Israel bedoel is; net dié wat daarvoor uitverkies is en wat die beproewings weerstaan het. Ons wat nie tot die Volksraad van Suid-Afrika verkies is nie, kan ook nie in die parlement kom nie: Net so is dit die geval met die volk van Israel ook. Die nasies wat nie vir die Koninkryk uitverkies is nie, kan nie daarin kom nie. Dit is nie onregverdig nie, want dan is dit ook onregverdig dat óns nie almal in die Parlement is nie.

Die apostels het bevel gekry om net na die tien stamme van Israel te gaan en al die nasies van Israel wat oor die hele wêreld verstrooi was, omdat net Israel alleen verkies is vir die Koninkryk; en dit net vir hulle alleen saak gemaak het omdat geen ander nasie verkies is om in die Koninkryk te kom nie. Vir mense wat die Koninkryk van die hemele verwar met die hemel-toe-gaan-storie van Babilon, is die Bybel heeltemal onverstaanbaar want hulle dink net aan 'n geestelike hemel vol engeltjies met vlerkies wat daar rondvlieg en sing; en nie aan 'n wêreldheerskappy soos letterlik en prakties in die Bybel aangekondig is nie. Dit handel alles net oor die koninkryk wat sal volg ná die koninkryk van die voete van die beeld van Nebukadnéser. Al die ander heerskappye was wêreldryke en nie hemelryke soos die van die klip wat sal loskom uit die berg Sion nie, wat direk uit die hemel uit beheer sal word nie; en aan die hemel behoort nie.

Daarom het Hy sy apostels bevel gegee: "Moenie gaan op pad na die heidene nie, en moenie ingaan in 'n stad van die Samaritane nie, maar gaan liewer na die verlore skape van die huis van Israel(10 stamme). En gaan preek en sê: Die koninkryk van die hemele het naby gekom", Matthéüs 10:7. So sê Hy self ook dat Hy net gestuur is vir die tien stamme. Matthéüs 15:24 Dan is dit mos ook duidelik waarom die verborgenhede van die koninkryk net vir Israel is. Matthéüs 13:10. "As iemand die woord van die koninkryk nie verstaan nie, kom die Bose en roof wat in sy hart gesaai is". Matthéüs 13:19. So preek baie leraars en glo baie mense dat hulle hemel toe sal gaan na die koninkryk toe. Dit is natuurlik een van die redes waarom die Bose vandag oor die hele wêreld seëvier, want hulle verstaan nie die koninkryk nie. Hulle gaan mos hemel toe, of so glo hulle.

"En hierdie evangelie van die koninkryk sal verkondig word in die hele wêreld tot 'n getuienis vir al die nasies". Matthéüs 24:14. Die "evangelie" van die koninkryk is die ontwyfelbare waarheid van die koninkryk. Maar in plaas van die ontwyfelbare waarheid soos dit in die Bybel, naamlik die ware Woord van Yahweh, geskryf staan, te verkondig, hoor ons die twyfelagtige leuens wat glad nie in die Bybel geskryf staan nie. Dit word nou aan die wêreld verkondig dat, as hulle net glo en bid, dan kan hulle seker maar sit, en wag om hemel toe te gaan; almal van hulle! Daar is niks mee verkeerd om die koninkryk aan die hele wêreld te verkondig sodat almal kan weet dat hulle baie beter daaraan toe sal wees onder die heerskappy van Yahshua en sy volk, as wat hulle tans daaraan toe is onder die heerskappy van die Bose en sy magte wat nou oor die wêreld heers. Maar almal sal beslis nie kan heerskappy voer net omdat hulle glo nie. Net dié wat daarvoor geformeer en gekies is, sal heers: "... en hom wat uitverkies is sal Ek daaroor aanstel." Jeremia 50:44.

Daar word 'n evangelie van valse hoop aan die nasies wat geen aandeel aan die koninkryk het nie verkondig en aan die Israeliete word 'n evangelie van geen hoop verkondig omdat gesê word dat hulle nie meer Israeliete is nie, want die volk bestaan nie meer nie. Dit kom daarop neer dat Yahweh hulle bedrieg het toe Hy gesê het dat hulle tot in ewigheid sal bestaan. "Want daar sal valse Christusse en valse profete opstaan, en hulle sal groot tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te verlei." Matthéüs 24:24. Dit het hulle reeds gedoen en hulle is nog steeds daarmee besig. Hulle het reeds al baie reggekry om die uitverkorenes te mislei om te glo dat hulself nie meer bestaan nie, maar hulle kon dit nie geheel en al regkry nie, want die Israel waarheid versprei soos 'n veldbrand dwarsdeur die Westerse nasies in hierdie dae tot groot besorgdheid en ontsteltenis vanaf die kant van die leraars. Voor lank kan daar ook groot vervolgings en slagting van hulle verwag word teen dié Israelitiese hervormers; net soos in die tyd van Yahshua en weer tydens die Hervorming, toe die vervolgings ook uit die godsdiens gekom het. Maar hulle sal die ontwaking van Israel nie kan stuit nie, want dit is die vervulling van die profesieë; en daar is geen mag in die wêreld sterk genoeg om profesieë te keer nie.

"En Hy het vir my gesê: Mensekind, dit is die plek van my troon en die plek van my voetsole waar Ek ewig sal woon onder die kinders van Israel; (nie onder die kerk); en die huis van Israel (dit is die 10 stamme; nie die kerk nie) sal my heilige Naam nie meer verontreinig nie, hulle en hulle konings met hulle hoerery en met die lyke van hulle konings, by hulle dood; deurdat hulle hul drumpel by my drumpel gemaak het en hul deurpos langs my deurpos, sodat net die muur tussen My en hulle was; en hulle het my heilige Naam verontreinig met hul gruwels wat hulle bedryf het, sodat Ek hulle in my toorn verteer het". Eségiël 43:7-8, Sy ware volk sal Hom dus nie meer God en Here noem nie, maar op sy werklike regte Naam. En hulle sal ook nie meer Simon Magus se brousel van evangelie en baäldiens preek nie. Hierdie brousel lyk so eg, langs die ware evangelie van die koninkryk, dat dit deurgaan as reg vir byna alle gelowiges, maar daar bestaan darem nog 'n skeidsmuur. Hierdie valshede sal tot 'n einde kom en glad nie meer in die koninkryk bestaan nie. "Want al die volke mag wandel elkeen in die naam van sy god, maar ons sal wandel in die Naam van die Here onse God vir ewig en altoos." Miga 4:5. Dit is dus geregverdig vir die heidene om hulle eie gode te aanbid, want Yahweh is nie vir hulle 'n God nie, soos hulle self sê.

 

Laaste keer geredigeer: 2005 / Geplaas: 31 Maart 2017